OP die laaste aand van die boektoer om haar jongste roman, Grensgeval, te bemark, is Marita van der Vyver goed gatvol vir foto’s. Dis ’n Donderdagaand in Pretoria en dis haar tweede boekpraatjie vir die dag, die suffelste een die afgelope nege dae. Haar poging om bietjie weg te kruip en vir ’n oomblik alleen te wees voor dié laaste openbare verskyning van die toer word gefnuik deur aanhangers wat haar opspoor en saam met haar foto’s wil neem. Sy is vriendelik, professioneel en tegemoetkomend; hou op meer as een vlak haar pose.
Soos Susan Sontag al in 1973 opgemerk het: Vandag bestaan alles om uiteindelik op ’n foto te beland. En Marita is deel van Suid-Afrikaanse lesers se alles. Sy beland op báie foto’s.
Baie foto’s, baie vrae..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.