Nataniël se memoires van ’n koddige kind

TOWERAGTIGE NAALDEKOKER

Nataniël se memoires van ’n koddige kind

Duisende van ons bemin hierdie flambojante buiteruimtelike reisiger al dekades lank. En soos met elke besitting wil ons hom in ’n boksie sit met ’n etiket op, wil ons hê hy moet presies dieselfde bly en vir ewig droefsnaakse, verbeeldingryke stories in ’n mineurtoon met ’n Liewe Heksie-stem vertel. DEBORAH STEINMAIR lees Nataniël se 20ste boek.

SOMMIGE mense probeer nie om enigiets anders te wees as wat hulle is nie. Moontlik kán hulle nie; miskien makeer hulle die orgaan vir voorgee, inpas, probeer plesier. So iemand was die koddige, mollige seuntjie Niel le Roux. Sy vroegste herinnering het te doen met ’n sandput vol katdrolle. En twee feetjies met goue stof; ’n skraal een en ’n dik een.

Nataniël se 20ste boek, Look at me – Nataniël: Recollections of a childhood het vanjaar by Human & Rousseau verskyn. Dis deur Iolandi Pool in ’n soort enigmatiese Engels vertaal wat heeltemal wérk omdat ’n mens die woorde in Nataniël se heserige stem hoor. Dis ’n losse, bedwelmende sameflansing van geheueflitse, van ’n kindertyd in die dae van haai apartheid, in drie klein dorpies en ’n groot suburb.

Dis nie regtig die taal wat opval nie. Die taal kan ’n mens min skeel. Dis die kronkels van hierdie unieke individu – iemand wat die koekiedrukker vrygespring het – se korteks. Dis sy gekantelde blik en die manier waarop hy verwondering kan verwoord: “On hot days I stood on the front porch and watched the fence glitter in the sun, it was a spider’s web without a fly ... The brilliant shine was because the fence had been painted, why and by whom a fence made of chicken wire had been painted was a mystery, it was covered in the shiniest paint anyone had ever seen.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.