Waarvoor is ons as Suid-Afrikaners bereid om te sterf?

OM SAAM TE BIND

Waarvoor is ons as Suid-Afrikaners bereid om te sterf?

Afgesien van die Springbokke, wat anders het ons as Suid-Afrikaners om ons agter te skaar? Daar is geen breë idee wat ons saambind nie, sê MCEBISI JONAS.

  • 03 November 2023
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 11 van 27
  • Mcebisi Jonas

DIT het 'n neiging geword, en ook nie net in Suid-Afrika nie, dat mense stem vir wie hulle die minste aanstootlik vind, eerder as vir diegene wat werklik hulle sienings, hoop en belange verteenwoordig. In ons land het ons 'n verval in populisme en kleptokrasie beleef terwyl die staat van kapasiteit gestroop is en feitlik heeltemal ondoeltreffend geword het.

Enige objektiewe ontleding van die Suid-Afrikaanse politieke toneel moet insluit hoe die aard en oriëntasie van die ANC verander het. Baie van ons smag na die ANC van weleer, maar ons weet almal dat daardie ANC nie meer bestaan nie. Die veranderinge het ongelukkig nie gegaan oor modernisering of aanpassing by huidige toestande nie. Die ANC het trouens ou retoriek en irrelevante konsepte behou, selfs met meer jongmense in leierskapstrukture.

Onder normale omstandighede sou 'n aggressiewe strewe om jonger mense in die politieke leierskap in te trek, bemoedigend gewees het, maar ongeag hulle ouderdom behoort leiers gedefinieer te word deur hulle waardes en toewyding tot die groter beswil, en nie vir persoonlike verheerliking en die strewe na mag en rykdom nie. Dit geld politieke partye oor die hele spektrum...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.