Die evangelie volgens Rassie: Ek het opgefok

DIE RASSIE-BOEK

Die evangelie volgens Rassie: Ek het opgefok

KERNEELS BREYTENBACH dink na oor ons nasionale teddiebeer wat kaalvoetrugby in Despatch gespeel het en altyd die ou kies wat grondpad geloop het.

IN elke Suid-Afrikaner se lewe is daar ’n oomblik waarin jy wragtag nie van Rassie Erasmus hou nie. Dit hou gewoonlik ’n paar dae aan, en dan gaan dit verby. Soos dit noodwendig moet. Rassie is ons nasionale nonna-teddiebeer, die man aan wie ons wil vashou sodat ons veilig kan voel.

My oomblik van Rassie-haat het gekom iewers in die laat 1990’s, toe ek hom op Nuweland ’n stukkie briljante vuilspel sien uithaal het, met De Wet Barry die slagoffer. Die ref het dit nie raakgesien nie, maar Nuweland het. Ons het geskrou en gejil, maar die ref wou nie luister nie. Luister hulle ooit?

Ek het Rassie se memoires, Rassie: Stories oor rugby en die lewe (gespookskryf deur David O’Sullivan en uitgegee deur Pan Macmillan Suid-Afrika), gelees in die dae voor die Springbokke teen Engeland in Parys hul huismoleste op die Stade de France gehad het. Ek het opgesien teen die lees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.