Die ANC boer agteruit, maar boer die opposisie vooruit?

DIE POLITIEKE MENGELMOES

Die ANC boer agteruit, maar boer die opposisie vooruit?

Die belangrikste vraag oor die komende algemene verkiesing is of Rise Mzansi, Change Starts Now, die EFF en Jacob Zuma se MK Party 'n wesenlike getal kiesers sal kan trek wat tevore vir die ANC gestem het, skryf MAX DU PREEZ. En hoe bang moet ons wees dat Zuma die land gaan destabiliseer?

DIE uitslag van die verkiesing kan ons dalk verras, maar een ding is seker: Die koalisie van die DA, ActionSA, die IVP, die Vryheidsfront Plus en 'n paar kleineres, die Veelpartyhandves, gaan nié die verkiesing wen nie.

Onlangse meningsopnames wissel aansienlik in hulle aannames, maar dit lyk veilig om te voorspel dat die Veelpartyhandves êrens tussen 30% en 35% van die stemme gaan trek.

As die ANC uit die kussings gelig gaan word, sal Songezo Zibi se Rise Mzansi en Roger Jardine se Change Starts Now (CSN) saam dus 20% of meer van die stemme moet kry – en bereid moet wees om in koalisie met die Veelpartyhandves te regeer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.