‘My mede-Suid-Afrikaners, ek is julle nuwe president.’ Oukei,...

VRAE OOR DIE TOEKOMS

‘My mede-Suid-Afrikaners, ek is julle nuwe president.’ Oukei, maar wat dan?

Die ANC móét volgende jaar as regerende party vervang word as Suid-Afrika se afwaartse spiraal gestuit wil word. Maar wees versigtig waarvoor jy vra, skryf MAX DU PREEZ, want die bedreiging van gevestigde belange kan die land onstabiel maak. Is die middel sterk genoeg? Is 'n ANC/DA-alliansie dalk die veiligste opsie?

DIE atmosfeer in die nasionale verkiesingsentrum voel elektries van afwagting. Honderde joernaliste drom saam en 'n groot aantal televisiekameras is op die podium gemik om die uitslag van die 2024-verkiesing wêreldwyd uit te saai.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se voorsitter tik-tik aan die mikrofoon. Almal weet wat die waarskynlike uitslag gaan wees, maar dit moet amptelik aangekondig word – dat die ANC nie naby 50% steun gekom het nie.

Die leier van die koalisie van partye wat die ANC uitgestof het en die nuwe regering gaan vorm, vat die mikrofoon en, met die hele nasie en wêreld wat op televisie luister, begin hy: “My mede-Suid-Afrikaners …”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.