Neal Froneman | Die ANC verdien nie om Suid-Afrika te lei nie

OPSTAAN IN NASIONALE BELANG

Neal Froneman | Die ANC verdien nie om Suid-Afrika te lei nie

Die regering het geen kapasiteit meer nie, sê Sibanye-Stillwater se uitvoerende hoof. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor die kragtige gevolge van politieke inkorrektheid, die nuwe forensiese laboratorium wat die privaat sektor op die been bring, en hoekom die Springbokke die perfekte voorbeeld is van wat ons kan bereik as Suid-Afrikaners net toegelaat word om sonder inmenging hulle ding te doen.

NEAL FRONEMAN sê sy uitgesprokenheid is nie sy natuurlike styl nie. “Ek is baie meer, kom ons noem dit, konstruktief," sê hy met 'n wrang glimlag terwyl ons op Teams gesels.

“Dit het seker so vier of vyf jaar gelede vir my duidelik geword dat sakeleiers probeer om polities korrek te wees, en dat dít net gemengde boodskappe stuur,” sê hy. “Ons het 'n indruk geskep dat dinge nie so erg was nie, terwyl dit in werklikheid baie erg was.

“Ek het besef die enigste manier om 'n duidelike boodskap aan 'n regering te stuur wat nie slegte nuus wil hoor nie, is om uitgesproke te wees. So ja, dit was doelbewus, en ek moet erken, ek het aanvanklik baie blootgestel gevoel. Maar ons moes begin om die boodskap uit te kry en ander sakeleiers te oortuig om die regte ding te doen."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.