Wantroue tussen staat en privaat ekonomie is SA se doodskoot

DIE BELANG VAN MEDEDINGENDE VERKIESINGS

Wantroue tussen staat en privaat ekonomie is SA se doodskoot

Hoe ironies dat in dieselfde week dat 'n minister die privaat sektor daarvan beskuldig dat dit teen Suid-Afrika se ontwikkeling gekant is, 'n omvattende studie aandui dis juis die party en regering wat sy verteenwoordig wat verantwoordelik is vir die land se agteruitgang, skryf PIET CROUCAMP.

NA afloop van die voorafgaande week se kabinetsvergadering gee die minister in die presidensie, Khumbudzo Silence Ntshavheni, terugvoer aan die media. Sy maak die verstommende bewering dat die privaat sektor 'n belang daarby het dat die regering ineenstort.

In haar woorde, die privaat sektor “... engineer and do machinations to ensure that the government collapses”.  En, “[T]hat's why they also self-feed into the narrative that there is a collapsing state [and] there’s a collapsing economy, because that’s what they wish for”. Ntshavheni het dié sinlose bewering gemaak met verwysing na die Britse bank Standard Chartered se erkenning van samespanning om die rand-dollar-wisselkoers te manipuleer, en betaling van 'n administratiewe boete van R42,7 miljoen.

Dit in dieselfde week dat die Growth Through Inclusion in South Africa-verslag (https://www.cde.org.za/wp-content/uploads/2023/11/Growth-Through-Inclusion-in-South-Africa-summary-report-15-11-23.pdf) onder leiding van Harvard’s Growth Lab en die ekonoom Ricardo Hausmann juis die ideologiese wantroue tussen die staat en die ekonomie blameer vir Suid-Afrika se ekonomiese agteruitgang. Enkele dae ná Ntshavheni se uitspraak het die president steeds niks gesê om haar te weerspreek nie, en dalk moet ons dan aanvaar dat haar mening die strekking van die gesprek in die laaste kabinetsvergadering weerspieël...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.