Namibië wys ons hoe dinge in SA anders en beter kan wees

ONS IS MEER AS DIE ANC EN SWAPO

Namibië wys ons hoe dinge in SA anders en beter kan wees

Tydens 'n onlangse besoek het PIET CROUCAMP besef daar is meer as een rede om optimisties te wees oor die toekoms van Namibië. Daar is ook 'n paar lesse wat Suid-Afrika by haar bure noord van die Oranjerivier kan leer.

DIE aanhaling “As jy nie 'n optimis is nie, gee jy nie aandag nie" word toegeskryf aan die Amerikaanse kognitiewe wetenskaplike en taalkundige Noam Chomsky. Soos die Australiese joernalis, dokumentêre filmmaker en skrywer John Pilger wat die afgelope week oorlede is, en ook die politieke wetenskaplike John Mearsheimer, is Chomsky se wederstrewige opinies oor Amerikaanse buitelandse beleid meestal te moedswillig om sonder teëspraak te sluk.

Maar, wat my reis na Namibië die afgelope maand betref, is Chomsky in die kol. Die mense van Namibië is besig om die bevrydingstryd agter hulle te sit en 'n leefwêreld te bou vir hulle kinders ten spyte van 'n regerende party wat met Noord-Koreaanse en Chinese geld paleise vir hulle leier en sy party bou eerder as om skole en hospitale in stand te hou.

Nie alleen vervul Namibiërs my met 'n gewaarwording van optimisme nie, daar is ook tendense en verskynsels in dié woestynland wat as rigtingwysers vir Suid-Afrika kan dien. Die belangrikste aanwyser is dat Namibië – anders as Suid-Afrika – 'n minister agter tralies het vir beweerde korrupsie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.