Verkiesing 2024: Wie moet gee en wie moet neem?

OPPOSISIE SE GROOT VRAAG

Verkiesing 2024: Wie moet gee en wie moet neem?

Suid-Afrikaners vertrou eenvoudig nie meer die ANC nie, maar sal daar 'n geloofwaardige alternatief vir kiesers wees wanneer hulle by die stembus aankom? Deur PIET CROUCAMP.

SOOS baie ander ontleders en kommentators het ek al dikwels daarop gewys dat 2024 die eerste werklike geleentheid sedert 1994 is dat 'n relatiewe of selfs absolute meerderheid Suid-Afrikaners die dapperheid aan die dag kan lê om die politieke leisels van die Uniegebou te oorhandig aan politici wat nié regstreeks aan die bevrydingspolitiek verbonde is nie.

Dit is ook al tot vervelens toe gesê dat die korrupte ANC bevoordeel word deur die onvermoë van opposisiepartye om hulleself aan te bied as 'n werklike alternatief by die stembus. Die verkiesings vir plaaslike regerings van 2021 was die eerste geloofwaardige “meningsopname" wat aangetoon het dat Suid-Afrikaners hulle vertroue verloor het in die ANC, maar dieselfde verkiesings het ook ons vermoedens bevestig dat opposisiepartye geensins daardeur bevoordeel word nie.

Daar word tans in die media bespiegel dat die Veelpartyhandves op soek is na 'n enkele presidensiële kandidaat en dat die voormalige FirstRand-voorsitter Roger Jardine oorweeg word as 'n kompromis om die bestaande leiers van die Handves se politieke vennote te vervang. Daar is reeds 'n ooreenkoms tussen hulle dat die presidensiële kandidaat ná afloop van die 2024-verkiesing nie noodwendig die grootste party sal verteenwoordig nie. Hoewel Jardine regstreeks met John Steenhuisen en Helen Zille in verbinding was, kan dit ook wees dat die DA se bestuur net hulle befondsers ter wille is eerder as om Jardine se kandidatuur met erns te bejeën...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.