Drie stembriewe is ’n resep vir miljoene verwarde kiesers

VERKIESING 2024

Drie stembriewe is ’n resep vir miljoene verwarde kiesers

Op 29 Mei gaan Suid-Afrikaners vir die eerste keer op nasionale en provinsiale vlak ook vir onafhanklike kandidate kan stem. Maar die proses waarop die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) hiervoor besluit het, is ingewikkeld en gaan baie mense verwar, meen WILLEM KEMPEN.

DERTIG jaar gelede was die OVK se grootste uitdaging met die stembriewe vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing om Mangosuthu Buthelezi en die Inkatha-Vryheidsparty betyds gelys te kry omdat hulle deelname eers op die nippertjie bevestig is. Daarom dat Buthelezi en die IVP se name op 'n aparte strokie papier gedruk en agterna onderaan die oorspronklike stembriewe geplak is, en dus ook nie deel was van die alfabetiese rangskikking soos die res nie.

Sedertdien het 'n klomp dinge verander, waarvan die belangrikste is dat die konstitusionele hof in 2020 beslis het dat dit ongrondwetlik is dat iemand net as 'n lid van 'n politieke party aan 'n nasionale of provinsiale verkiesing mag deelneem. Gevolglik kan ons vanjaar vir die eerste keer ook vir sogenaamde onafhanklike kandidate stem, op nasionale sowel as provinsiale vlak. (Onafhanklike kandidate is nog altyd op plaaslike vlak toegelaat.)

Om onafhanklike kandidate toe te laat is 'n positiewe stap wat goed is vir meer demokratiese deelname, maar dié skynbaar eenvoudige verandering het komplekse praktiese implikasies. Die basiese vraag is: Hoe hanteer ons onafhanklike kandidate in 'n stelsel wat setels toewys op grond van 'n party se proporsionele verteenwoordiging en daarna volgens 'n rangorde van kandidate op 'n partylys? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.