Die hamer en sekel, die assegaai en skild

WIE BAAT?

Die hamer en sekel, die assegaai en skild

Die getuienis stapel op dat Jacob Zuma se MK Party sterk deur die Kremlin gesteun word, dalk selfs 'n Russiese proksie is, skryf MAX DU PREEZ. Wat is die einddoel?

IS MKP 'n projek van die GRU, die Kremlin se intelligensie-arm? Maar wat dan van Rusland se warm vriendskap met die ANC? Is dit dalk 'n tweesydige weddenskap, of miskien 'n projek om die ANC te druk om Suid-Afrika meer van 'n satellietstaat vir Rusland te maak? Of net om van Cyril Ramaphosa en sy kamp se dominansie ontslae te raak?

Ek is uiters skepties oor die ou Rooi Gevaar, rooi-onder-die-kooi-paranoia waarmee ek grootgeword het. Maar daar is nie meer twyfel dat Rusland onder Vladimir Putin lustig by verkiesings van ander lande, selfs Amerika, inmeng nie. Dit is ook 'n feit dat Rusland baie energie en roebels bestee om sy invloed in Afrika uit te brei.

En nou begin die getuienis van Zuma en MKP se bande met Moskou opstapel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.