Ná 29 Mei: Katastrofe of die Eintlike Nuwe Daeraad?

ONSEKERHEID

Ná 29 Mei: Katastrofe of die Eintlike Nuwe Daeraad?

Demokratiese Suid-Afrika was nog nooit tevore so onseker oor wat in die weke na die uitslag van 'n algemene verkiesing gaan gebeur nie. Dit is minder as sewe weke weg. Al wat ons wel weet, is ons is toe nie van One Man Wrecking Ball Jacob Zuma ontslae nie. MAX DU PREEZ bekyk die post-29 Mei scenario’s, wat wissel van rampspoed tot 'n werklike kans om die land reg te ruk.

MENINGSOPNAMES onder kiesers die laaste paar maande verskil ingrypend, maar almal het twee dinge gemeen: die ANC gaan, as huidige houdings voortduur, sy meerderheid verloor; en Jacob Zuma se MK Party gaan tussen 10% en 20% van die steun ontvang.

Dit gons onder kiesers oor watter soort koalisieregering ons na 29 Mei kan verwag, maar my navrae by die vier grootste partye dié week het dit vir my duidelik gemaak dat niemand nog 'n vaste besluit hieroor geneem het nie. Die politiek is gewoon te vloeibaar op die oomblik.

Die jongste meningspeiling, dié deur die Social Research Foundation, reflekteer politieke steun op die oomblik só: ANC - 37%, DA - 25%, MK - 14%, EFF - 11%, IFP - 5%, ActionSA - 2%...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.