Die opkoms van MK, ons ‘black swan event’

WAT IS DIE OPLOSSING?

Die opkoms van MK, ons ‘black swan event’

PIET CROUCAMP vermoed dat Jacob Zuma se MK Party op 'n onverwagse wyse die resultaat van Suid-Afrikaners se brood-en- botter-kwessies is.

DAAR is nou byna weekliks peilings met die oog op die 29 Mei-verkiesing. Alles dui daarop dat ons Suid-Afrikaners in die maande wat kom ons heel eerste werklik mededingende verkiesing gaan hou. Asof dit nie genoeg is dat die ANC se steun na alle waarskynlikheid tot onder 50% gedaal het nie, verskyn 'n swart swaan (black swan) in die vorm van Jacob Zuma en die uMkhonto weSizwe Party op die toneel. Dit is steeds ietwat van 'n misterie wat tot die verskyning van MK gelei het en dat die ANC se meerderheid nou onder geweldige druk is, maar dit is 'n opwindende nuwe werklikheid wat politieke ontleders se breine buig.

Stephen Grootes kom die afgelope week in Daily Maverick tot die gevolgtrekking dat die effek van die stygende lewenskoste bepalend kan wees vir die stemgedrag van Suid-Afrikaners op 29 Mei. Ek dink hy is reg. Voedselinflasie was die afgelope jaar seker die groot vernietiger van besteebare inkomste onder alle ekonomies aktiewe Suid-Afrikaners. Stygende petrolpryse het opwaartse druk uitgeoefen op die sowat 30% van besteebare inkomste wat die werkersklas op vervoer bestee.

Die massas sonder enige inkomste word eenvoudig verrinneweer deur hierdie ekonomiese werklikhede. Eskom se eksponensiële tariefverhogings maak dat onwettige elektrisiteit oorlewings-noodsaak geword het en in die meeste townships en informele nedersetting betaal bitter min mense hulle rekeninge, 'n logiese nadraai van die stygende lewenskoste waarna Grootes verwys...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.