Die klein dorpie waar ’n hele land se intriges uitspeel

POLITIEK EN MISDAAD ONTMOET

Die klein dorpie waar ’n hele land se intriges uitspeel

Die geweld van die vroeë 1990's toe die ANC en Inkatha in 'n bloedstryd om politieke beheer gewikkel was, leef voort in die politieke en ekonomiese geweld in die omgewing van die Mooirivier-tolplaza, skryf PIET CROUCAMP.

IN die vroeë oggendure aan die einde van die Paasnaweek vat ek die N3 vanaf Splashy Fen anderkant Underberg, rigting Johannesburg. Die Mooirivier-tolplaza lê iewers voor. Die afgelope dekade, dalk self langer, is dié omgewing 'n hutspot van sosiale, ekonomiese en maatskaplike geweld. Vir die doeleindes van my eie verstaan van Suid-Afrika se politieke geweld het Mooirivier en die tolplaza 'n sinistere assosiasie.

Mooirivier is 'n klein dorpie, wat soos so baie ander landelike vestings in Suid-Afrika uit 'n plaas ontkiem het. Die Zoeloenaam vir die rivier is Mpofana (jong eland) en die Mpofana-munisipaliteit is deel van die uMgungundlovu-distriksmunisipaliteit. Die munisipaliteit sluit die gemeenskappe van die Bruntville-township, Mpofana, Midrus, Oxspring, Sierra Range, Scottfontein, Buxton, Hidcote, Cumbeck, The Grove en Rosetta in.

Mpofana is 'n tipiese ANC-beheerde munisipaliteit. In 2021 se plaaslike regeringsverkiesing het die ANC 64% van die stemme getrek, die DA 13% en die IVP 'n skamele 5%. Aldus die munisipaliteit se webblad is die amptelike werkloosheid 67% en 61% van diegene wat wel werk, is by die informele sektor van die ekonomie betrokke...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.