Twee Hoofstuk 9-kommissies se verslae oor die geweld en onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie 2021 bied nie maklike antwoorde nie, skryf PIET CROUCAMP.
Die Menseregtekommissie (SAMRK) het op 23 Julie 2021 'n imbizo aangebied as deel van die pogings om die onrus, geweld en daaropvolgende menseregteskendings van die voorafgaande weke in KwaZulu-Natal en Gauteng te verstaan. Die imbizo het gelei tot 'n verslag wat deur die Mensregtekommissie opgestel is, en 'n soortgelyke ondersoek is gedoen deur die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en dis vandeesweek gesamentlik uitgereik.
Die diep-donker verslag begin met die mees melancholiese literêre verwysing denkbaar. In 1981 publiseer Nadine Gordimer July's People, 'n “verstommend prognostiese verhaal” van Suid-Afrika wat 'n bevrydingsoorlog en revolusie ondergaan dertig jaar ná die val van apartheid. Die bevoorregtes wat vir dekades by die rasgebaseerde stelsel baat gevind het, vlug voor die geweld uit. Maar die lughawens word gebombardeer en stuit die voortvlugtendes in hulle spore. Die anargistiese verwoesting verswelg Suid-Afrika en sy mense.
Die werklikheid van Julie 2021 het op geen wyse wit Suid-Afrikaners polities bedreig nie en die geweld was beperk tot dele van KwaZulu-Natal en Gauteng, maar diegene wat naby die oog van die storm in daardie dae was, getuig van angswekkende tonele en vreesaanjaende ervarings. Ongeveer 353 mense het hulle lewens verloor in die geweld. In Phoenix, 'n hoofsaaklik Indiër-woonbuurt noord van Durban, sterf 36 mense. Die verslag bevind dat rassisme in Phoenix en die marginalisering van swart Suid-Afrikaners die bloedbad aangevuur het. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
JULIE 2021
Die aanloklike illusie van ’n meesterplan
Twee Hoofstuk 9-kommissies se verslae oor die geweld en onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie 2021 bied nie maklike antwoorde nie, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
Die Menseregtekommissie (SAMRK) het op 23 Julie 2021 'n imbizo aangebied as deel van die pogings om die onrus, geweld en daaropvolgende menseregteskendings van die voorafgaande weke in KwaZulu-Natal en Gauteng te verstaan. Die imbizo het gelei tot 'n verslag wat deur die Mensregtekommissie opgestel is, en 'n soortgelyke ondersoek is gedoen deur die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en dis vandeesweek gesamentlik uitgereik.
Die diep-donker verslag begin met die mees melancholiese literêre verwysing denkbaar. In 1981 publiseer Nadine Gordimer July's People, 'n “verstommend prognostiese verhaal” van Suid-Afrika wat 'n bevrydingsoorlog en revolusie ondergaan dertig jaar ná die val van apartheid. Die bevoorregtes wat vir dekades by die rasgebaseerde stelsel baat gevind het, vlug voor die geweld uit. Maar die lughawens word gebombardeer en stuit die voortvlugtendes in hulle spore. Die anargistiese verwoesting verswelg Suid-Afrika en sy mense.
Die werklikheid van Julie 2021 het op geen wyse wit Suid-Afrikaners polities bedreig nie en die geweld was beperk tot dele van KwaZulu-Natal en Gauteng, maar diegene wat naby die oog van die storm in daardie dae was, getuig van angswekkende tonele en vreesaanjaende ervarings. Ongeveer 353 mense het hulle lewens verloor in die geweld. In Phoenix, 'n hoofsaaklik Indiër-woonbuurt noord van Durban, sterf 36 mense. Die verslag bevind dat rassisme in Phoenix en die marginalisering van swart Suid-Afrikaners die bloedbad aangevuur het. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Populistiese resep vir ’n nuwe revolusie
Remskoene aan die wiele van geregtigheid
Die taxistaking: Showdown at the Cape Corral
JZ + CR: 9 + 5 verlore jare = gemors waarin SA is
Magsmonopolie skuil agter brandende vragmotors
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.