Die duur prys wat SA vir Jacob Zuma betaal

JZ-SPOOK LOOP

Die duur prys wat SA vir Jacob Zuma betaal

Jacob Gedleyihlekisa Zuma was 65 jaar lank 'n lid van die ANC. Sy lidmaatskap is dié week opgeskort. MAX DU PREEZ takseer sy verwoestende rol in die ANC en die land die laaste 16 jaar.

OM ’n ongemaklike metafoor te gebruik: die kanker genaamd Jacob Zuma is nou uit die ANC gesny, maar dit het reeds na die res van die liggaam versprei. Die chemoterapie wat die laaste paar jaar toegepas is, was te flou en heeltemal oneffektief.

In die geskiedenis van 112 jaar van die ANC sal die naam van Gedleyihlekisa Zuma uiteindelik meer vermelding kry as veel edeler geeste soos Pixley ka Isaka Seme, Sol Plaatje, John Dube en Albert Luthuli.

Dié leiers, en later Nelson Mandela, Oliver Tambo en Walter Sisulu, was die morele reuse wat ná Suid-Afrika se staatswording in 1910 die land se swart bevolking oor taal- en klasgrense heen in een weerstandsbeweging teen drie eeue se kolonialisme en wit oorheersing gemobiliseer het. Ondersteuners uit die minderheidsgroepe is later ook betrek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.