Wat gaan aan in die Zoeloe-koningshuis?

'N LEË TROON

Wat gaan aan in die Zoeloe-koningshuis?

Amper drie jaar ná die dood van koning Goodwill Zwelithini bly die kwessie van sy opvolger voor die howe, skryf SIHLE KHUMALO.

IN die beste van tye kan die oorgang van een Zoeloe-koning na die volgende in 'n geskil ontaard – en in die slegste van tye in 'n bloedige konflik.

Dink maar aan 1816, toe Sigujana kaSenzangakhona, hoofman van die Zoeloe-stam, vermoor is kort ná sy vader se dood: dit het die weg gebaan vir Shaka kaSenzangakhona om die leierskap oor te neem. 

Twaalf jaar later, in 1828, en nadat hy 'n aantal stamme in 'n gedugte Zoeloe-nasie gekonsolideer het, is Shaka vermoor deur sy twee halfbroers: Dingane kaSenzangakhona en Mhlangana kaSenzangakhona. Hierdie twee prinse het saam met hulle tante, Mkabayi kaJama, en Shaka se adviseur, Mbopha kaSithayi, teen Shaka saamgesweer. Kort daarna het Dingane vir Mhlangana vermoor – omdat daar slegs een koning kan wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.