Onthul: Hoe kosbare studiegeld in grootkoppe se sakke beland

WAT GAAN AAN BY NSFAS?

Onthul: Hoe kosbare studiegeld in grootkoppe se sakke beland

Die probleme met die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) het in 2023 dikwels die nuus vir al die verkeerde redes oorheers. OUTA het pas 'n ondersoekverslag en uitgelekte klankopnames beskikbaar gestel wat grootkoppe soos die minister van hoër onderwys en die voorsitter van NSFAS se raad by 'n uitgebreide patronaatnetwerk betrek. Deur ILSE SALZWEDEL.

“I GAVE him a million rands for the Communist Party. Just imagine. For the conference. When there was nothing. I donated with the very same company that created T-shirts last year together with the bags.”

Só lui een van die opspraakwekkende uittreksels uit twee klankopnames van altesaam byna drie ure wat OUTA vandeesweek aan die media beskikbaar gestel het en wat ook met verskeie wetstoepassers gedeel is. Ene mnr. A is aan die woord in bogenoemde aanhaling.

En die man na wie hy verwys? Connect the dots, soos Pravin Gordhan destyds oor Jacob Zuma en die Guptas gesê het. Wie was vir 20 jaar die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en wie was vir 13 van die afgelope 15 jaar die minister van hoër onderwys? En wie het Ernest Khosa tydens sy termyn as minister van vervoer aangestel as nie-uitvoerende direkteur en later hoof van die raad van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) en daarna, toe die minister weer teruggeskuif is na hoër onderwys, as voorsitter van die NSFAS-raad?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.