Israel/Gaza: Suid-Afrika betree weer die morele hoë grond

'N SAAK VIR VOLKSMOORD

Israel/Gaza: Suid-Afrika betree weer die morele hoë grond

Suid-Afrika het met sy aansoek by die Internasionale Geregshof (IGH) dat Israel se aanvalle op Gaza tot ’n volksmoord verklaar word, weer ’n stuk van die morele gesagsposisie van die Nelson Mandela-era teruggeëis. Die saak, wat volgende Donderdag in Den Haag aangehoor word, kan ’n betekenisvolle impak op Israel en sy Westerse bondgenote se benadering teenoor Palestina hê – en op die voortslepende volksmoord in Gaza, skryf MAX DU PREEZ.

DIE slagting van meer as 1% van Gaza se bevolking, die ruïnering van die meeste infrastruktuur deur amper drie maande se swaar bombardering en die katastrofiese mediese en voedselkrisisse in die beleërde strook het uitgeroep vir ’n klinkklare internasionale verklaring dat dit op volksmoord neerkom en nie geduld mag word nie.

Dit is byna poëties dat die inisiatief hieroor van Suid-Afrika gekom het – die land van apartheid, ’n morele aartsvergryp waarvan Israel nou beskuldig word. Die land wat ’n oerkonflik wonderbaarlik drie dekades gelede deur onderhandelinge en kompromis opgelos het.

Internasionale juriste is dit meestal eens dat die regters van die IGH die aansoek van Suid-Afrika grotendeels gaan toestaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.