Die pad na vrede loop oor die middelgrond

ISRAEL EN HAMAS

Die pad na vrede loop oor die middelgrond

Hou ons aan om die pyn te begrawe en onsself uit te woed in een selfverheerlikende daad van eksistensiële wraak, of begin ons met die pynlike proses om are en senuweepaaie oop te maak sodat ons weer ten volle menslik kan word, vra FRANCOIS LE ROUX.

  • 17 November 2023
  • Vrye Denker
  • 14 min om te lees
  • artikel 9 van 28
  • Francois le Roux

DIE wêreld is geskok deur ’n tweede groot konflik op Europa se drumpel, met die vonk die verskriklike en onmenslike aanval deur Hamas op Israel. Die belange hier is so omstrede dat dit ons reeds gebroke wêreld selfs meer verdeel het. Ekstreme etikette word met skokkende gemak rondgegooi. Om dit te waag om hieroor te skryf, duik ’n mens in ’n moeras met wortels wat 3 000 jaar en meer teruggaan.

Laat ek dus eers terugstaan, voordat ek name en geskiedenisse, aksies en gebeure aanraak. Kom ek praat oor die middel. Net dit, die middel. Wat is dit?

Jy het twee teenoorgestelde punte wat die uiterste punte van ’n lyn, ’n voorwerp, ’n vorm merk. Die middel is daardie punt wat ewe ver van albei uiterstes is. Sonder die middel word die uiterstes ontkoppel en val die lyn of voorwerp – die geheel – uitmekaar. Met ander woorde, die middel maak die geheel moontlik, open die moontlikheid van vorm. Die middel is die balanseerpunt. Die middel bied dimensie. Sonder die middel is geen beweging van die een kant na die ander moontlik nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.