’n Brief vir my #AfrikaansFamilie

JULLE IS NODIG

’n Brief vir my #AfrikaansFamilie

Soms wonder sy wdf sy hier soek, sê ANASTASIA DE VRIES. Maar dan vind sy oorvloedig rede om ’n liefdesbrief te skryf, vir hul studente, vir haar kollegas, haar #AfrikaansFamilie.

IN hierdie tyd van nog ’n ope brief – sê my ook waar mens dié tyd van die jaar nog tyd kry om slimmighede soos bloedderms uit te ryg, kompleet met teoretiese raamwerk en metodologie nogals, onder ’n skuilnaam uit die Roman Empire no less, nog ’n episode in ’n onverkwiklike akademiese draadtrekkery af te lewer – skryf ek ’n liefdesbrief.

Vir onse studente. Vir kollegas dese tyd nog skouer aan die wiel al brand hul eie Rome af tot op die grond. Dankie. Me just loves me so much love. In die tye wanneer ek hardop wonder wdf ek hier soek. Vir julle wat verstaan dat ek in hierdie tyd veel eerder die naamlose briefies lees wat in die namiddagure onder onse deure deurgestoot is, spel- en taalfoute en al, as slim geskrifte waarin woorde elke dan en wan soos kartetse afgevuur word, soms sommer aspris mis, lyk dit vir my: Jy dink verniet jy is cooler as ekke. Dankie vir julle wat verstaan dat ons taak buite die soort “wit en outwit” lê. Of in die woorde van een van onse studente: “Liefde woon hier. Liefde is julle. Onse taal is julle. Julle sit ons in ’n saba era en hou ons da. Ons is volgende jaar trug vir meer. Sbwl. Nobba wat. Julle is die goat.”

Julle wonder dalk wat dit alles beteken, wat “saba” en “sbwl” en “nobba” beteken. Laat ek verduidelik (natuurlik moes ek vra, maar kyk net hoe slim maak die kinners my): “Vir julle is ons ‘saba’, die main dish, nie net ’n side dish nie. Ons weet vir julle is ons oek important. Ons kom terug vir nog ’n studiejaar in Afrikaans. Ons begeer dit met ons hele hart. Dis wat ‘sbwl’ beteken, die verkorte vorm van ‘sabawel’ of ‘sabaweli’, ‘begeerte’. Ons kom terug, no matter wat (nobba wat). Julle is die goat, die greatest of all times.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.