Godsdiens: ’n smeltkroes van boosheid?

‘IDIOTOLOGIE’

Godsdiens: ’n smeltkroes van boosheid?

‘Verdraagsaamheid’ beteken nie ons hoef nonsens te duld nie, skryf IKE BOSS.

  • 17 November 2023
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 11 van 28
  • Ike Boss

DIE Amerikaanse filosoof Sam Harris praat van “konsentriese kringe van afnemende redelikheid” – 'n konsep wat die volledige spektrum van geloof dek vanaf die bloederige middelpunt waar selfmoordbomaanvallers (“slegte mense”, soos Moslems, terroriste en djihadiste) en plegers van voorkomende geweld (“goeie mense”, soos Christene, en Amerikaanse en Europese spesiale magte), harte verteer met vrees en weersin, dan al langs die radius van ortodokse eisegesis deur evangeliese en Islamitiese ywer, tot by die buitenste kring van verdraagsame liberale en gematigdes.

Hy skryf: “Die probleem is dat waar jy ook al op hierdie kontinuum staan, jy onopsetlik almal wat meer fanaties as jyself is, teen kritiek beskut. Gewone fundamentalistiese Christene, deur te beweer dat die Bybel die volmaakte woord van God is, ondersteun onopsetlik die Dominioniste – daardie mans en vroue wat, by die miljoene, stilweg besig is om ons land [die VSA] te omskep in 'n totalitêre teokrasie wat herinner aan Johannes Calvyn se Genève. Christen-gematigdes, deur hul voortslepende verknogtheid aan die unieke goddelikheid van Jesus, beskerm die geloof van fundamentaliste teen openbare minagting. Christen-liberale – wat dikwels nie seker is wát hulle glo nie, maar daarvan hou om af en toe kerk toe te gaan – keer dat die gematigdes behoorlik met wetenskaplike rasionaliteit bots. En só het eeue gekom en gegaan sonder dat ’n eerlike woord oor God in ons samelewing gespreek is.”

Na aanleiding van Harris se idee van kringe, stel ek die liewe ou dames wat tee by die dominee se tuinpartytjie bedien, gelyk aan selfmoordbomaanvallers wat hulle baadjies vol plofstof in 'n besige mark aktiveer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.