Waar die goedgeit oorgebly het

WAT DIT IS OM REGTE KOS TE EET

Waar die goedgeit oorgebly het

Aan die einde van die heelal, aan die ander kant van die bomme wat die hele wêreld kan uitwis en waar die lyke week ná week ophoop, het sy ’n plek gevind waar die goedheid van die mens bly voortleef, skryf ANASTASIA DE VRIES.

SY strik die voorskoot agter haar rug vas; driftig, die punte styf soos vlerke op haar rug. Dit hoort so, sê sy vir die verbaasdes om haar; sy is ’n vrou op ’n mission. Dis donkerblou met dik, wit strepe; ’n blokman se voorskoot, dienlik, verbleik van jare se arbeid. Haar pa s’n. Dis hoe sy hom onthou, met die voorskoot agter ’n tafel met die kosse wat hy met sy eie hande gemaak het. Dan het hy die voordeur oopgegooi en hul huis het vol mense gestroom.

“Ope deur” het haar pa dié dae genoem wanneer die armstes van die armes by hul tafel kon kom aansit. Laat geen mens ooit vergeet wat dit is om regte kos te eet nie, uit regte borde met regte eetgerei, het haar ma verduidelik toe sy eens gevra het hoekom die mense sonder betaal hulle kos kom opeet. Die meeste dae het hulle niks, maar vir minstens een dag in ’n week of ’n maand moet hulle onthou wat dit is om te éét, het haar pa gesê.

Sy roer in die pot, kap met die lepel op die rand, twee, drie keer. Die geur van smooruie stuif in die lug op. Haar kosprojek is al ’n paar weke oud. Die kombuis van hul studentehuis oorvol helpende hande. Die een skil aartappels, nog een pampoen, ’n ander kerf groenbone en kool; die stoom trek uit die ryspot. “Hou dit dop,” sê sy, “dit moenie pap kook nie, en M, spoel solank die kookvleis af.” Sy en M is die voorvatters, die skarrelaars, studente nog...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.