Mening | Die regering doen die SAUK – en die mense – ’n onreg aan

WETSONTWERP OP DIE UITSAAIWESE

Mening | Die regering doen die SAUK – en die mense – ’n onreg aan

Die openbare uitsaaier is op die rand van die afgrond en die regering kan dié instelling óf aan die vergetelheid oorlaat óf erken daar is ’n enorme probleem wat dringend aandag verg, skryf NATASHA MAZZONE.

  • 20 Oktober 2023
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 10 van 30
  • Natasha Mazzone

DIE SAUK is die openbare uitsaaier, met ’n grondwetlike mandaat wat grootliks deur die publiek gefinansier word. Wanneer parlementslede (LP's) instellings tot verantwoording roep, tree ons namens die mense van Suid-Afrika en ons Grondwet op.

Wat ons by ons eens groot uitsaaier sien ontvou het, is 'n ramp. As ons begin by die dapper SAUK-joernaliste wat 'n paar jaar gelede verrotting en korrupsie aan die kaak gestel het, gevolg deur 'n formele parlementêre ondersoek, finansiële ondergang, gebrekkige infrastruktuur, onveilige en onhigiëniese werksomgewings, die verkoop van maatskappybates en 'n gebrek aan enige haalbare omkeerstrategie, lyk dit of ons twee treë vorentoe en 20 terug geneem het.

Dinge is so erg dat die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologie gevra is om die media, die publiek en mede-LP's 'n vergadering oor die sogenaamde omkeerstrategie te belet. Nog meer ontstellend is dat toestemming hiervoor verleen is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.