SA ervaring kán rigting wys in Midde-Ooste, sê Andrew Feinstein

ELKE MENSELEWE

SA ervaring kán rigting wys in Midde-Ooste, sê Andrew Feinstein

Dié voormalige ANC-LP is die direkteur van Shadow World Investigations en voorsitter van Friends of the Treatment Action Campaign. PIET CROUCAMP het met hom gesels oor die Israeli-Palestynse konflik.

ANDREW FEINSTEIN is in Kaapstad gebore en het vanweë sy Joodse ouers 'n familiale verbintenis met die Holocaust, wat die lewens van byna 40 familielede aan sy ma se kant geëis het. As 'n prominente lid van die ANC was hy voorsitter van die subkomitee wat verantwoordelik was vir die formulering van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet 1 van 1999), en het hy die ANC-studiegroep oor openbare rekeninge gelei. Feinstein het in 2001 sy ANC-affiliasie prysgegee weens die party se weiering om ’n onbelemmerde ondersoek na die destydse wapentransaksie te laat doen.

Feinstein, wat nou in Londen woon, is die direkteur van Shadow World Investigations (voorheen Corruption Watch UK) en is voorsitter van Friends of the Treatment Action Campaign. Hy dra met sy lesings en skryfwerk by tot die diskoers oor Suid-Afrika en die internasionale wapenhandel en hy word beskou as 'n ANC-afvallige. Sy memoires, After the Party, was 'n skerp kritiek op die politieke etos binne die ANC. Feinstein identifiseer die wapentransaksie as die keerpunt toe die ANC sy morele kompas verloor het.

Ek het hom uitgevra oor sy aktivisme vir die Palestynse saak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.