’n Populistiese resep vir ’n nuwe revolusie

VERKIESING 2024

’n Populistiese resep vir ’n nuwe revolusie

Hoe kan Suid-Afrikaners oortuig word dat 'n ander party die ANC se beleid meer effektief en minder korrup sal kan uitvoer? Deur PIET CROUCAMP.

'N TERGENDE vraag in Suid-Afrikaanse politiek is, wat sal mense motiveer om op 'n herfsoggend in Mei 2024 te gaan stem? In 2021 het net 45,59% van die meer as 26 miljoen geregistreerde kiesers gaan stem, die minste sedert 1994. 'n Selfs nog meer uitdagende vraag is, onder watter omstandighede sal Suid-Afrikaners op daardie dag die besluit neem om 'n stem uit te bring vir 'n ander party as die regerende ANC?

Rise Mzansi het die afgelope week hulle verkiesingsmanifes vrygestel en in die dae wat kom beplan verskeie ander partye om dieselfde te doen. Daar is groot waarhede opgesluit in dié dokument oor die werklikhede van ons politieke en ekonomiese verval. Die ondernemings en beloftes is pragmaties en sinvol. Daar is duidelik ook 'n besef dat die ideale van die bevrydingsfilosofie nie heeltemal versaak kan word nie, en verskeie verwysings in die manifes lê klem op die waarde van swart bemagtiging in die Suid-Afrikaanse ekonomie se waarde- en voorsieningskettings.

Dit wil voorkom asof Songezo Zibi besef dat opposisiepartye ironies genoeg waarskynlik meer kiesers oorhaal om vir hulle te stem deur 'n beleid te volg wat so na as moontlik is aan dié van die ANC. Die maatskaplike waardes van herverdeling is deel van ons nasionale psige en vir die meeste Suid-Afrikaners ononderhandelbaar, veral onder omstandighede waar 43% werkloos is of selfs opgehou het om werk te soek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.