Wat maak van MK ’n opsie vir kiesers?

POLITIEKE MIGRASIE

Wat maak van MK ’n opsie vir kiesers?

Politieke partye moet daarop bedag wees dat kiesers in 2024 tussen hulle sal migreer op 'n skaal wat 'n magsverskuiwing in wetgewers kan meebring, meen PIET CROUCAMP.

EK het eendag, jare gelede, aan Gwede Mantashe gesê Afrikaners sal baie maklik vir die ANC kan stem. Al wat die Uniegebou en Luthulihuis moet doen, is “to govern well and govern fairly”.

Ek dink my voetnoot-argument was: “Afrikaners is so konserwatief soos die meeste swart Suid-Afrikaners en die gemene deler is goeie regering." Iewers in my argument het ek beweer Afrikaners is nie “liberals” nie, hulle skuil by die DA teen julle (die ANC); die blou party dien as ’n tydelike veilige hawe teen die ANC se magsvergrype.

Met terugskouing was ek dalk nie heeltemal reg nie, maar die vraag oor wat dit sal neem vir 'n vlambare massa-psigose om die tektoniese plate van politieke identiteit in Suid-Afrika te rekonstrueer, is uiters geldig. Ons het reeds statistiese bewyse dat Suid-Afrikaners hulle politieke deelname aan verkiesings op 'n beduidende skaal onttrek. Minder as 40% van stemgeregtigdes het in 2021 by die stembus opgedaag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.