Die Dossier van Hoop #2 | Mense van Prieska bou hulle eie...

ONS, DIE MENSE

Die Dossier van Hoop #2 | Mense van Prieska bou hulle eie mediese sentrum

Henry Coetzee is 'n boer van Prieska. Hy het 'n ‘onblusbare drang om te oorleef’ en om 'n verskil te maak daar waar hy woon op die ongenaakbare vlaktes van die Noord-Kaap. ANNELIESE BURGESS vertel hoe hy die voortou geneem het om 'n privaatkliniek op die dorp te bou sodat die gemeenskap nie meer honderde kilometer hoef te ry na hospitale in Kimberley en Bloemfontein nie.

DIE naaste hospitaal aan Prieska is in Kimberley – 250 km ver. Vir ernstige gevalle, moet die 400km Bloemfontein toe aangedurf word.

In 2017 het 'n jong seun wat by Henry-hulle gewerk het in 'n ernstige motorfietsongeluk beland. “Ons jongste seun en skoondogter het hulle na die toneel gehaas. Toe hulle daar kom was die plaaslike dokter reeds daar, maar daar was nie 'n ambulans beskikbaar nie."

“Hulle het sy hemp gevat en in repe geskeur om sy frakture te kan verbind, en hulle het hom agter op 'n bakkie gelaai. Uiteindelik het 'n  ambulans van Kimberley hom kom haal, en vandag is Jaco terug in die tuig en dit gaan goed. Maar die situasie het my gepla," vertel hy...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.