Die Dossier van Hoop #1 | Wit boere help jong swart boere ontwikkel

ONS, DIE MENSE

Die Dossier van Hoop #1 | Wit boere help jong swart boere ontwikkel

In die eerste van 'n reeks profiele oor buitengewone mense wat Suid-Afrika help bou, praat ANNELIESE BURGESS met Judy Stuart, 'n voormalige suiwelboer wat die lewe van honderde jongmense met 'n landboudroom verander het.

JUDY STUART is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde melkboere. Sy is 'n bydraer tot boerderypublikasies en verteenwoordig die land by suiwelboerdery- en landbou-innovasiekonferensies wêreldwyd.

Sowat 15 jaar gelede het die saadjie van 'n idee ontkiem tydens 'n gesprek wat sy met 'n paar jong skoolseuns by 'n landbou-jeugskou gehad het.

“Hulle was van die Zakhe-landboukollege en het dit tot by die Nasionale Landbou-jeugskou gemaak omdat hulle so goed met en passievol oor hulle diere was. Ek wou weet hoe hulle hulle toekoms sien. Was hulle van plan om ná matriek op universiteit of aan die Cedara-landboukollege te gaan studeer?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.