Lesse uit Bothaville: ‘Hoop is ’n werkwoord’

OPLOSSINGS VIR SUID-AFRIKA

Lesse uit Bothaville: ‘Hoop is ’n werkwoord’

ANNELIESE BURGESS het hierdie week ’n saamtrek bygewoon waar gewone mense van regoor die land hulle oplossings gedeel het van hoe ons die verval van Suid-Afrika se platteland kan omkeer.

DIT vind plaas in ’n groot skuur by Nampo-park in Bothaville, in die hart van Suid-Afrika se mieliewêreld. Een vir een, oor twee dae, deel 80 mense hulle stories. Groot stories. En klein stories.

Van ’n private sonplaas wat op ’n boer se grond gebou word om ’n dorp van beurtkrag te “bevry” tot twee vroue se nougat-besigheid wat boere in hulle distrik deur die ergste droogte in menseheugenis gehelp het.

Boere, besigheidsmense en gewone inwoners van plattelandse dorpe van regoor Suid-Afrika. Elkeen wat op hulle eie manier tot die besef gekom het daar kan nie meer op die regering staatgemaak word nie. Dat as gewone burgers nie saamstaan en hulle moue oprol nie, is ons nie meer by die afgrond nie, maar óór die afgrond. Wat uitgereik het na ander. Wat vennootskappe stig. Wat dade by woorde voeg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.