Die pad van polisieman tot straathoek-bedelaar

DIE SWERFJARE VAN 'N GEWONE MAN

Die pad van polisieman tot straathoek-bedelaar

Onlangs kry hy 'n Facebook-boodskap van 'n ou skoolvriend waarin hy noem hy is radeloos. Hy is op pad na die verkeersligte in Ysterplaat om te gaan bedel. George Louw vertel vir HERMAN LATEGAN 'n storie van verlies, deursettingsvermoë, hoe dit voel om te bedel en deur Afrikaners uitgeskel te word.

ONS ry met 'n Uber deur die Kaapse industriële area Paardeneiland, waar lorries raas en mense op sypaadjies staan en rook. Ek het besluit om my ou skoolvriend van die Hoërskool Jan van Riebeeck op Portugese kos te takseer.

By die Taverna aangekom, is dit bot toe, soos 'n kleios se gat, soos my pa sou gesê het. George se voet, veral sy groottoon, is bitter seer van die suikersiekte. Hy dra pantoffels en loop moeilik.

Ons kan dus nie loop nie. Ek bestel nog 'n Uber en ons ry na die onderpunt van Paardeneiland, daar aan die see se kant. 'n Ligte soutbries waai van die blou dam se kant af...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.