‘Geen wit is so wit soos wit wat koud is’*

GREYTON SE TWEE WÊRELDE

‘Geen wit is so wit soos wit wat koud is’*

Einde laas jaar is HERMAN LATEGAN uitgenooi na 'n klein dorpie buite Kaapstad om by 'n vriend te gaan kuier. Dié besoek het sy oë opnuut laat oopgaan met die besef dat ons inderdaad nog in twee lande woon.

TOE ons Greyton binnery, slaan dit my teen die bors. Die enorme tuine, die praghuise, die knus gevoel van 'n verwelkomende plattelandse dorp. Daar is baie lieflingwoorde vir só 'n plek: aansienlik, welgevallig, beeldmooi, fraai, ooglik, sjarmant.

Tóg het iets my ongemaklik laat voel. Ek het my bagasie gaan aflaai by die huis wat 'n vriend ten duurste gehuur het. Dit was 'n mooi dubbelverdiepinghuis met 'n swembad, braai-area en verskeie groot kamers.

Vir my vriend en sy gasvryheid is ek innig dankbaar. Dit is 'n lang vriendskap en ek wil nie ondankbaar voorkom nie, maar dit is nie die punt van my skrywe nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.