Suid-Afrika en Israel het verskillende paaie gekies

EENHEID TROEF VERDEELDHEID

Suid-Afrika en Israel het verskillende paaie gekies

Die een het apartheid beëindig, maar word deur ’n vlaag van bedreigings vir demokrasie en sosiale vrede in die gesig gestaar. Die ander een handhaaf apartheid en pleeg oorlogsmisdaad en volksmoord, skryf NATHAN GEFFEN.

DIE voorlaaste Sondag van Oktober 2023 was ’n pragtige lentedag en Kapenaars het na die strande gestroom. Ek het saam met vriende by die woelige getypoel op die strand by St. James gestap. Swart en wit mense het die strand geniet en saam geswem. Daar was gesinne en baie kinders. Elkeen het in dieselfde water geswem. Dit was ’n pragtige, aansteeklik gelukkige prentjie.

Die Springbok-rugbyspan, ’n kaleidoskoop van kleure, het Engeland die vorige aand in die Wêreldbeker geklop. Die Proteas het dieselfde vroeër in die dag by die Wêreldbekerkrieket gedoen. Sport kom dalk onbeduidend voor, maar hierdie sege, asook die oorwinning in die Wêreldbekerrugby, het ’n tydelike maar tasbare, verenigende uitwerking op Suid-Afrika gehad.

Armoede is aan die orde van die dag in ons land. Baie mense is honger. Die moordkoers is astronomies. Werkloosheid is meer as 30%. Die onderwysstelsel is ’n volslae warboel. Die polisie het ’n reputasie van gewelddadigheid en onbevoegdheid. Korrupsie vier hoogty. Daar is rassisme en xenofobie en politici wat hierdie irrasionaliteit aanvuur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.