Jy, 2024 en die kassie!

WAT IS DAAR OP TEEVEE?

Jy, 2024 en die kassie!

As jy nog ’n week of twee se vakansie oor het en wonder wat die stroomdienste bied, bied ALI VAN WYK 'n hele klompie antwoorde in 'n neutedop.

DIT was in die laaste paar maande harde werk om skaflike goeters op televisie te kry om na te kyk. Daar is nie sulke voor-die-hand-liggende groot trefferreekse soos Game of Thrones, Ozark of Fargo nie. Dis asof die impak van Covid eers in 2023 sy laaste vertraagde stuiptrekkings gekry het.

Maar as jy met verbete dissipline met jou afstandbeheer in al die donker hoekies van die stroomdienste rondspring, kom jy steeds op genoeg werk van formaat af. Ek glo my voorstelle sal jou darem vir ’n paar weke besig hou.

Natuurlik skiet die lys ver tekort as verteenwoordigend van al die beste dinge op televisie. Ek sou graag veel meer wou insluit, soos die reekse Fall of the House of Usher en Lucky Hank, maar ’n man kan nie heeltyd op ’n sofa lê nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.