Ek het ’n vriendin. Kom ons noem haar T. Sy is slim, wydbelese, hooggeleerd. Klokslag op die uur tussen elf en middernag, elke Oujaarsdag, stuur sy ’n boodskap met hooghe woorde wat jy eintlik moet lees as “the mood now”, gelukwensinge en die alledaagse wat mense seker nog in dié tyd vir hulself of mekaar afvra: Nuwejaarsvoornemens? Daai speletjie speel ek nie, met dáái hand vat ek nie. Volstrek. Ek weet min, maar dit weet ek: Voornemens skep verwagtinge en verwagtinge, teleurstelling. Só dowwel ek nie met my binne-mens nie.
Vanjaar is dit: “The old world is dying, and the new world struggles to be born: now is the time of monsters” en tussen hakies, Antonio Gramsci. Sy sukkel. Haar man van studentedae af het haar in 2023 finaal afgesterf, weggeloop agter sy nuwe Facebook-liefde aan. Of is dit Skype, wat weet sy?
Sussa, laat ek jou nou vertel, het sy gesê toe sy van die eerste een uitvind, verneuk begin deesdae nie met ’n skelm gevryery of seks nie. Nee, dit begin by daai geheime praatjies op kuberlyne waarvan net hulle tweetjies weet. En jy dink sy werk hou hom vasgekluister voor ’n skerm, jy verstaan soos dit ’n goeie vrou betaam, dat hy te besig is om nog aan jou ook tyd af te staan, te moeg, te dit, te dat. Darem sê hy nog hy is lief vir haar, al was dit tussen ’n bekvol liegstories deur, soos sy later sou besef. En darem is sy nog elke nou en dan oek important, ’n nodigheid vir hom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
NUWEJAARSVOORNEMENS?
Dit was ’n aaklige jaar én ’n jaar van tuiskoms
Sy weet nie wat sy gaan doen aan voornemens vir 2024 nie, maar sy weet watter mense sy saam met haar dié nuwe jaar wil indra, sê ANASTASIA DE VRIES.
Deel
Ek het ’n vriendin. Kom ons noem haar T. Sy is slim, wydbelese, hooggeleerd. Klokslag op die uur tussen elf en middernag, elke Oujaarsdag, stuur sy ’n boodskap met hooghe woorde wat jy eintlik moet lees as “the mood now”, gelukwensinge en die alledaagse wat mense seker nog in dié tyd vir hulself of mekaar afvra: Nuwejaarsvoornemens? Daai speletjie speel ek nie, met dáái hand vat ek nie. Volstrek. Ek weet min, maar dit weet ek: Voornemens skep verwagtinge en verwagtinge, teleurstelling. Só dowwel ek nie met my binne-mens nie.
Vanjaar is dit: “The old world is dying, and the new world struggles to be born: now is the time of monsters” en tussen hakies, Antonio Gramsci. Sy sukkel. Haar man van studentedae af het haar in 2023 finaal afgesterf, weggeloop agter sy nuwe Facebook-liefde aan. Of is dit Skype, wat weet sy?
Sussa, laat ek jou nou vertel, het sy gesê toe sy van die eerste een uitvind, verneuk begin deesdae nie met ’n skelm gevryery of seks nie. Nee, dit begin by daai geheime praatjies op kuberlyne waarvan net hulle tweetjies weet. En jy dink sy werk hou hom vasgekluister voor ’n skerm, jy verstaan soos dit ’n goeie vrou betaam, dat hy te besig is om nog aan jou ook tyd af te staan, te moeg, te dit, te dat. Darem sê hy nog hy is lief vir haar, al was dit tussen ’n bekvol liegstories deur, soos sy later sou besef. En darem is sy nog elke nou en dan oek important, ’n nodigheid vir hom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Kaapse Kersverhaal
Wat was, kan nie net weggewas word nie
’n Brief vir my #AfrikaansFamilie
’n Bok-vrou in ’n All Black stronghold
Anderkant, waar die goedgeit oorbly
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Voormalige bydraende redakteurAnastasia was in lewe 'n skrywer en dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is in 2024 oorlede.