LEEF GESOND | Jou dermkanaal is ’n geluksfabriek

KOS AS MEDISYNE

LEEF GESOND | Jou dermkanaal is ’n geluksfabriek

Daar is 'n fassinerende skakel tussen jou dermkanaal-mikrobioom en jou brein. 'n Onlangse studie voer aan dat 'n Mediterreense dieet die simptome van post-traumatiese stresversteuring moontlik kan verlig. ANNELIESE BURGESS bekyk dit van nader.

DIE Mediterreense dieet is die tradisionele manier van eet in Mediterreense lande. Dit bestaan hoofsaaklik uit groente, graan, peulgewasse, kruie, neute en speserye. Die primêre bron van vet is olyfolie, en proteïen word matig ingeneem.

Die gesondheidsvoordele van hierdie dieet is bewys deur een van die langdurigste en deeglikste dieet-en-leefstylstudies tot nog toe. Navorsers het in die 1950's 'n ambisieuse plan van stapel gestuur om dieet-, leefstyl- en ander risikofaktore vir kardiovaskulêre siektes oor 'n uitgebreide tydperk in verskeie lande en kulture te ondersoek.

Die Seven Countries Study (https://www.sevencountriesstudy.com/) (SCS) was die eerste groot ondersoek na die dieet en leefstyl van duisende middeljarige mans in die VSA, Europa en Japan, asook na die invloed wat dit op die risiko vir kardiovaskulêre siektes het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.