Wat stroom volgende deur jou kassie?

WAT IS DAAR OP TEEVEE?

Wat stroom volgende deur jou kassie?

Van geweld in die kombuis tot onkunde op die plaas, ALI VAN WYK deel sy voorstelle oor uitstekende reekse op televisie-stromingsdienste, insluitende realiteits- en dokumentêre reekse.

’N TJOMMIE sê nou die dag vir my ek moet The Bear op Disney Plus kyk, dis ’n lekker reeks. Die probleem was egter dat ek voet neergesit het voor ons op Disney Plus ook ingeteken het, want ons het reeds Netflix, Showmax, Amazon Prime, Apple TV+ en, pyn en lyding, die buitensporige duur DStv, vir die sport.

Genoeg is genoeg! Boonop klink Disney na Micky Mouse en Kie en my kinders is nou al uit hulle doeke uit. Maar in ’n oomblik van swakheid teken ek in op die spesiale aanbod, en sedertdien is ek amper eksklusief op Disney Plus. Wat ’n verrassing is dit nie!

Nee, dis nie bloot Donald Duck en maats nie. Disney Plus bied meer en ’n groter verskeidenheid as byna enige ander stromingsdiens behalwe dalk Netflix, en teen ’n billike prys. As een van die stromingsdienste moet sneuwel, sal ek moet kies tussen Amazon Prime en Apple TV. En as ek die Springbokke, Proteas en Wimbledon op enige ander wettige manier kan kyk as DStv, sal ek daai bedrogspul summier tot ’n einde bring...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.