VIR 'n stowwerige plek in 'n stowwerige hoek van Suid-Afrika, neem Orania heelwat ruimte op in die nasionale psige. Dit blyk dat heelwat witmense ten minste iets van die plek weet, maar meestal is dit beperk tot die feit dat bruin- en swartmense nie daar geduld word nie.
Daar is ook by sommige mense die verwagting dat Orania se inwoners koddig en vreemd is en dat ons “verligtes” kan verwag dat hulle ons lagspiere sal prikkel. Terselfdertyd is daar die idee dat dit bietjie sal wees om op 'n ongeluk of 'n ramptoneel af te kom: grillerige verwondering aan 'n situasie wat mens nie regtig verstaan nie. Dit was, ten minste, die gevoel wat ek gekry het elke keer wat ek aan iemand in my kring van vriende en kennisse genoem het dat ek en my man Orania toe gaan om Kersfees saam met my ouers deur te bring.
Ek noem spesifiek die rede vir ons besoek, want vir my is Orania verweef met die fisieke, geografiese en emosionele implikasies van my ouers se besluit om soontoe te trek. Orania sal hulle laaste blyplek wees; met albei in hul tagtigs, is die kanse dat hulle weer hul tentpenne sal optrek, sekerlik weglaatbaar klein. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
ORANIAWITTEBROODFASE
Kersfees in die volkstaat
Orania laat jou nie toe om net 'n waarnemer te wees nie. Die stowwerige dorp dwing jou om jou kaarte op die tafel te sit, skryf SARIE MARAIS.
Deel
VIR 'n stowwerige plek in 'n stowwerige hoek van Suid-Afrika, neem Orania heelwat ruimte op in die nasionale psige. Dit blyk dat heelwat witmense ten minste iets van die plek weet, maar meestal is dit beperk tot die feit dat bruin- en swartmense nie daar geduld word nie.
Daar is ook by sommige mense die verwagting dat Orania se inwoners koddig en vreemd is en dat ons “verligtes” kan verwag dat hulle ons lagspiere sal prikkel. Terselfdertyd is daar die idee dat dit bietjie sal wees om op 'n ongeluk of 'n ramptoneel af te kom: grillerige verwondering aan 'n situasie wat mens nie regtig verstaan nie. Dit was, ten minste, die gevoel wat ek gekry het elke keer wat ek aan iemand in my kring van vriende en kennisse genoem het dat ek en my man Orania toe gaan om Kersfees saam met my ouers deur te bring.
Ek noem spesifiek die rede vir ons besoek, want vir my is Orania verweef met die fisieke, geografiese en emosionele implikasies van my ouers se besluit om soontoe te trek. Orania sal hulle laaste blyplek wees; met albei in hul tagtigs, is die kanse dat hulle weer hul tentpenne sal optrek, sekerlik weglaatbaar klein. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Bonsende boesems en gips in die skaamhaar
Susters met vervlegde persoonlikhede
Notas uit ‘New Zilland’
’n Verwoerd breek weg van ‘Afrikanerwaardes’
Tjorts op ons eie Boere-Joyce
Deel
-
Deel