Hoe om die skares in Kaapstad te vermy

GAAN SLAAP IN DIE KAAP

Hoe om die skares in Kaapstad te vermy

Om gedurende hierdie komende seisoen oorsee te reis is vir talle mense net te duur. Van alle plaaslike stede gaan Kaapstad die gewildste bestemming vir 'n luilekker stadsvakansie wees. HERMAN LATEGAN het in dié stad grootgeword. Hy gee voorstelle oor waar troppe toeriste uithang en hoe om as medetoeris die rumoer en massas te vermy.

TOE ek 'n kind in die 1970's was, was daar net oor 'n miljoen mense in Kaapstad. Diederdae beweeg dit vinnig na 5 miljoen.

Jy sien hulle op sypaadjies; mense wat soos pikkewyne kolonies waggel, eindelose rye by die supermarkte, drankwinkels, strande, eetplekke, motors wat net elke minuut met 'n meter beweeg. Ja, oor vakansiedae gaan baie inwoners weg, maar omdat mense deesdae die rieme moet dun sny, sal vele bly.

Verder voorspel die toerismebedryf dat 'n amper ongekende massa plaaslike en oorsese besoekers oor die volgende paar maande in die Kaap gaan vertoef. Ek sien reeds die Duitsers met hulle einarooi gebrande gesigte...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.