Laat die reis met jou gebeur

TRIPS TAKE PEOPLE

Laat die reis met jou gebeur

Met Airbnb, reisgidse en selfone het die onbekende vir ons bekend geword. Die avontuur het uit ons reise verdwyn. Dis tyd dat jy net weer in ’n rigting inneuk, reken ALI VAN WYK.

EK het meer as twee dekades gelede vir twee dae aaneen in ’n klein tentjie in ’n kampeerplek teen die kus in Mosambiek gelê. Wel, ek en my eerste (en darem enigste) vrou. Dit het chronies gereën, maar dit was nie te onaangenaam nie, want die tent was waterdig en ons was op ’n soort uitgestelde wittebrood op ’n oorlaaide eensilinder-BMW-motorfietsie (ons het ses maande vantevore onverwags getrou).

Ons moes uiteindelik uit die tent klim, want g’n mens kan van ProNutro alleen lewe nie. Ons was per slot van sake in ’n plek met ’n oorvloed vis, kreef, garnale, hoender en chilli, en die Mediterreense gaarmaakmetodes wat die Portugese agtergelaat het.

Maar ons was 15 km weg van die naaste behoorlike dorp, Xai-Xai, en agt jaar ná ’n verwoestende burgeroorlog was jou kans op ’n bord garnale of ’n peri-peri-hoender redelik klein. Of só het ons gedink. Die enigste ding wat soos ’n restaurant gelyk het, was ’n pragtige modernistiese hotelgebou reg op die strandfront langs die kampeerplek, maar dit was net ’n leë dop vol patroonmerke...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.