Ek voorspel die ANC gaan in Mei...

VERKIESNG 2024

Ek voorspel die ANC gaan in Mei...

Ten spyte van homself gooi en wiggel PIET CROUCAMP die politieke dolosse en sterre.

POLITIEKE ontleders wat hulle begewe op die terrein van sterrewiggelaars en die uitslag van verkiesings voorspel op grond van peilings en meningsopnames, is dikwels populêre sprekers op boeredae. Maar hulle vind meer behae daarin om te mislei as om reg te wees. Met hierdie fundamentele waarheid in gedagte, hiermee my voorspelling:

Die ANC gaan tussen 48 en 53% kry in die komende verkiesing. En, indien die ANC wel 39% kry, soos sommige meningsopnames beweer, sal Julius Malema meer lewensvreugde daaruit put om die ANC uit die kussings te lig as wat die pos van adjunk-president vir hom kan beteken. Dis my storie en ek hou daarby.

Dit is ook die argument waarmee ek twee deurdringende openbare gesprekke wat meer op vrees as die werklikheid teer, probeer ondermyn. Eerstens, die optiese illusie dat die ANC se steun tot 39% kan daal word afgelei van 'n denkfout – ook na verwys as die “snapshot"-effek – van meningspeilings. En, tweedens, die pessimistiese veronderstelling dat 'n ANC/EFF koalisie noodwendig ons voorland is, indien die ANC op 39% eindig in die Mei 2024-verkiesing, berus op 'n primitiewe vrees eerder as die werklikheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.