Eskom staan tussen die ANC en hoop vir die verkiesing

VERKIESING IN MZANSI

Eskom staan tussen die ANC en hoop vir die verkiesing

Die regering gaan beslis probeer om die Eskom-probleem te bestuur sodat dit die minste moontlike skade aan die ANC by die stembus doen, maar hulle sal dit nié met integriteit kan doen nie, skryf PIET CROUCAMP.

SOOS Stephen Grootes hierdie week in Daily Maverick uitgewys het, gaan niks die 2024-verkiesing so sterk beïnvloed soos die besluite wat oor die volgende drie maande in Megawatt Park geneem word nie.

Byna alle opposisiepartye maak reeds vir jare groot gewag en politieke kapitaal uit die gebreke in die ANC se kaderbestuur van Eskom, maar oor die volgende paar maande, tot en met die nasionale en provinsiale verkiesings, gaan die regerende party onder druk kom wat bepalend kan wees vir wie die Uniegebou later vanjaar betrek. Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners so vervul met wrewel as Eskom se gebreke, en die vraag is dan: Kan die ANC die ligte aanhou vir die volgende drie maande om 'n slagting by die stembus te vermy?

Die EFF, wat hierdie week hulle verkiesingsmanifes vrygestel het met die mantra “End loadshedding now”, loop natuurlik met die politieke dolk in die hoogvoor gereed. Ironies genoeg behoort ook Jacob Zuma se MK Party met die onskuld van Pontius Pilatus voordeel te trek uit beurtkrag. Soos die EFF maak MK grootliks staat op 'n weerwraak-stem, en beurtkrag is die beste motivering vir 'n strafekspedisie na die stembus...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.