Regering van nasionale eenheid? Nie maklik nie

SPANPOGING

Regering van nasionale eenheid? Nie maklik nie

Die baie sterk ideologiese verskille tussen die ANC, DA, EFF, VF+, ActionSA en moontlik selfs ander kleiner partye, sowel as die politieke oportunisme van sekere moontlike koalisievennote, maak die moontlikheid van 'n regering van nasionale eenheid baie skraal, meen FANIE CLOETE.

DIE jongste meningsopname van prof. David Everatt van Wits, 'n ervare politieke meningspeiler, dui daarop dat die ANC tans nog minder steun het as wat aanvanklik gemeen is. Die opname is teen die einde van verlede jaar gedoen op versoek van Roger Jardine se nuwe Change Starts Now (CSN) party. Daarvolgens het slegs 39% van die geregistreerde kiesers wat aan die peiling deelgeneem het, aangedui hulle sal vir die ANC stem as die verkiesing toe gehou was, skryf Everatt in Daily Maverick (https://www.dailymaverick.co.za/article/2024-02-04-dramatic-decline-in-electoral-support-of-anc-clear-from-new-national-poll/). Aan die ander kant was die steun vir die DA bloot 19% en 16% vir die EFF.

In KZN het 20% van die respondente ander, kleiner partye gesteun, terwyl die gemiddelde steun vir alle kleiner partye in die ander provinsies tesame tussen 6 en 7% was. 'n Totaal van 21% van die respondente in die Wes-Kaap wou nie aandui wie hulle steun nie, terwyl die gemiddelde syfer vir sulke kiesers in die ander provinsies tussen 7 en 12% was. Dit het veral negatiewe implikasies vir die DA in die Wes-Kaap. Die gemiddelde wegblystem van respondente was 5%.

Die enigste noemenswaardige gebeurtenis sedert die opname wat dalk 'n invloed op die resultate kan hê, was Suid-Afrika se aanklag teen Israel in die Wêreldhof in Den Haag. Die hof het in Suid-Afrika se guns beslis. Dit mag verskeie kiesers wat van die uitspraak hou, se steun vir die ANC versterk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.