Demokrasie kom voor ’n groot toets te staan

NA DIE STEMBUS

Demokrasie kom voor ’n groot toets te staan

Dit klink dalk 'n bietjie oordrewe om te sê die demokrasie gaan ernstig getoets word in 2024, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Maar dwarsdeur die wêreld sal meer kiesers as in enige ander tyd in die geskiedenis vanjaar stembus toe gaan.

DIE wêreld het stilweg ’n tydperk van groot onsekerheid en ongerustheid betree wat nogal aan die laat 1920’s en 1930’s herinner, die era wat van die bruikbaarste lesse oor die politieke ekonomie, die staat en samelewing gelewer het. Die Europese samelewing en sy oorloë van die 1890’s tot 1945 was ’n ryk bron van kennis, insigte en lesse oor konflik en samewerking binne en tussen lande. Dis altyd nuttig om terug te kyk na of minstens te besin oor daardie era, ten einde ’n gevoel te kry van wat die toekoms kan inhou.

Ons is nooit in 'n tyd waarin ons met groot duidelikheid kan voorspel wat die toekoms gaan inhou nie. Die beste wat ons kan sê, soos Colin Gray dit in Another Bloody Century: Future Warfare stel, is dat ’n “onafwendbare ondeursigtigheid” ons in die gesig staar wanneer dit by die toekoms kom. Die beste wat ons oënskynlik kan doen, is om op daardie toekoms te wag – wag, veral, op die uitslae van byna 64 verkiesings wêreldwyd in 2024; wag vir die Israeli’s en die Russe, Oekraïners, Palestyne, Houthi’s en Amerika om hulle militêr-strategiese doelwitte te bereik; en wag om te sien of en hoe Israel se oorlogvoering, en sy hele veldtog, families, gemeenskappe, samelewings en individue oor die wêreld heen verder gaan verdeel.

Hoe die komende maande ookal gaan afloop – ons kan seker wees ons gaan die toekoms erf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.