Rook, spieëls, wetenskap en verkiesingspeilings

POLITIEK, MENSE, DATA

Rook, spieëls, wetenskap en verkiesingspeilings

'n Peiling is 'n statistiese blik (snapshot) van 'n mening of 'n stel menings op 'n bepaalde moment en kan nie as 'n voorspelling verstaan word nie. Die wetenskap agter hierdie peilings neem ook nie altyd al die faktore in ag nie, skryf PIET CROUCAMP.

SOMS is die ooreenkoms tussen verkiesingspeilings en die werklikheid bloot toevallig. Die verkiesing is om die draai en daar is min dinge wat so druk bespreek word in die aanloop tot Mei as peilings of peilings oor stemgeregtigdes se voor- en afkeure.

Ek word dikwels gevra om 'n voorspelling te waag oor die uitslag van vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings. Sonder data is my verstaan van wat waarskynlik gaan gebeur dat die ANC tussen 49% en 52% van die steun sal kry, die DA ongeveer 18% tot 21% en die EFF tussen 9% en 11%. My “voorspelling" is op demografiese faktore gegrond: Die gehalte van leierskap, die waarskynlikheid van apatie onder kiesers, die onderskeie beleide van die partye, hulle toegang tot kapitaal (die ANC gebruik die staatskas) en diverse ekonomiese tendense. Maar, dis eintlik net 'n opinie met 'n ad hoc- of “gut feel"-logika. Die statistiek is veel meer gekompliseerd.

Die werklikheid is dat 'n goeie verstaan van hierdie kwalitatiewe tendense aan waarnemers en kommentators 'n redelik goeie begrip behoort te gee van wat om te verwag. Dit is faktore wat in meningsgopnames veronderstel word om reeds deur die kiesers verwerk te wees en hulle stemgedrag te bepaal. Maar die vraag is, hoe beïnvloed dié veranderlikes kiesers die oggend van stemdag?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.