Volksmoord se stinkende wortels in koloniale Afrika

DUITSLAND, ISRAEL, RWANDA, GAZA ...

Volksmoord se stinkende wortels in koloniale Afrika

Duitsland het die etterende sweer van volksmoord by die VN se hoogste hof oopgekrap toe hulle Israel se vernietiging van Gaza ondersteun het. Dít presies 120 jaar nadat hulle die wêreld se eerste doodskamp in Namibië opgerig het, skryf GUY OLIVER.

SHARK ISLAND is nie 'n eiland nie, dis 'n voorgebergte. Dit strek soos 'n halfgeboë arm uit om Lüderitz se natuurlike hawe te vorm. 'n Breekwater tussen Namibië se hard gebakte verlatenheid en ysige water, want die suidelike Atlantiese Benguela-stroom vloei langs die vasteland se weskus. Bedags 'n vrieskas, snags 'n klaaglied.

“Waar gaan jy tuis?" vra die kelnerin in die koffiewinkel. “Ek kampeer by die doodskamp." Haar gesigsuitdrukking verraai niks. Galgehumor vereis minstens kennis. “Shark Island? Waar die Duitsers die Namas en Herero's doodgemaak het," voeg ek by. “Ek weet nie daarvan nie," sê sy. “Ek kom van Aus (135 km van die hawedorp)." 

“Dié vergete volksmoord," aanvaarde snelskrif vir die feitlike uitwissing van die Herero's en Namas in 1904-1908, het die model vir die Nazi-Holocaust geword. Dit sou later Israel se “aanvaarbare" Gaza-volksmoord waarin Palestyne, die inheemse mense, uitgewis word soos 'n spook agtervolg. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.