SA vs. Israel in die Wêreldhof: dit sou Mandela trots gemaak het

'N HISTORIESE DAG

SA vs. Israel in die Wêreldhof: dit sou Mandela trots gemaak het

As jy nie gister 'n bietjie trots gevoel het dat jou land in die hoogste hof in die wêreld 'n besliste stap geneem het om verdere bloedvergieting en verwoesting in Gaza te keer nie, moet jy lank en hard in die spieël kyk. As jy nie geroer is deur die deeglike uiteensetting en besonderhede van die volksmoord in Gaza nie, het jy dalk 'n hart van klip, skryf MAX DU PREEZ.

VOOR jy verder lees, verstaan eers dít, as jy nie reeds verstaan nie: Suid-Afrika se voorlegging aan die Internasionale Geregshof gister was nie om te bewys dat Israel aan volksmoord in Gaza skuldig is nie.

Die essensie was dat daar 'n prima facie saak uitgemaak kan word dat dade wat dalk onder volksmoord kan resorteer, gepleeg word en dat die hof dringend tussentydse maatreëls moet tref om te voorkom dat dit verder voortgaan.

Die saak is ingevolge die Konvensie op Volksmoord van 1948 aanhangig gemaak. Dié konvensie is net na die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust opgestel om volksmoord in 'n vroeë stadium te diagnoseer en 'n meganisme te skep om dit te stuit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.