’n Morele mes teen spraakvryheid se keel

ONGEWILDE FEITE KAN OOK GELDIG WEES

’n Morele mes teen spraakvryheid se keel

Ons durf nie toelaat dat gesprekke oor alles van Gaza tot dekolonialisering gevangene gehou word deur die moralisering van idees nie, skryf PIET CROUCAMP.

VRYHEID van spraak is 'n reg wat deur die meeste liberaal-demokratiese stelsels gewaarborg word. Tóg word die stryd om daardie reg uit te leef voortdurend uitgedaag. Ongedefinieerde morele kodes word gedurig deur politieke aktivisme gefabriseer en plaas ontsaglike druk op mense om óf stil te bly óf te konformeer tot opinies onder die druk van dreigemente. Die stryd om idees word herverpak as die stryd tussen moraliteite.

Ek probeer steeds my brein vou om die uitspraak van die Gelykheidshof in Augustus 2022 dat “Dubul ibunu” (kill the boer) nie haatspraak is nie. Die hof se beslissing sou meer sin gemaak het indien die ongeloofwaardige EFF nie by die saak betrokke was nie. Dat sommige regse politieke identiteite met wie ek nie wil assosieer nie, dit met my eens is, plaas geweldige druk op my mening. En die kwessie word verder gekompliseer deurdat Suid-Afrika se moordsyfer vergelykbaar is met die ongevalle in 'n burgeroorlog. Maar, dit is die probleem met vryheid van spraak, regspraak en teenstrydige keuses; konteks is belangrik.

David Teeger is Joods en ’n opkomende ster op Suid-Afrika se kriekettoneel. Sy storie is nou al bekende nuus. Aan die vooraand van die o.19-Wêreldbekerkriekettoernooi vir mans wat in Suid-Afrika aangebied word, is sy kapteinskap van hom weggeneem. Krieket Suid-Afrika (KSA) beweer sprake van maatskaplike onrus was die motivering vir hulle optrede...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.