Gerugte van Rian Malan

ESSAY

Gerugte van Rian Malan

DOMINIQUE BOTHA skryf oor 'n road trip in ’n ou geel Rolls op soek na Rian Malan en 'n ontmoeting met 'n destydse lyfwag van Madiba.

BLYKBAAR plant Rian Malan tamaties êrens in die Klein Karoo. Ek het ingestem om hom te gaan soek, maar Rian is nie daarvoor te vinde nie. My boodskappe is posduiwe wat in strikke gevang word, wat deur laaities met .22's afgeskiet word of klapwiekend valkprooi word. Ek kry egter ’n geleentheid om Vanwyksdorp toe te ry in ’n Rolls Royce so oud soos Winston Churchill se finest hour. Ek het geen brandende begeerte om vir Rian te vind nie, maar ek is lus om die pad te vat. ’n Verlore saak, op soek na iemand wat wil verdwyn in ’n gousblomgeel kar met ’n enjin wat kwyn.

Die man wat die Rolls in Calitzdorp moet kry, is ’n eertydse lyfwag van Madiba. Hy het groot, sterk hande en ’n pistool onder sy hemp en lyk soos ’n man wie se honde 20 jaar oud word. Hy is onbeskaamd outyds. Maak vir my die deur oop. Dra die tasse. Jan het op my boek Valsrivier afgekom en my versigtig genader met die versoek om na sy lewensverhaal te luister. Hy sê ek kan maak daarmee wat ek wil. Hy sukkel om te aanvaar dat alles net so in die vergetelheid gaan verdwyn. Sy voorstel hang al ’n wyle in die lug.

Ons trek stadig en statig weg uit die milde Boland na valleie van wegvreting, soutbos en verkoolde pleidooie. 'n Kontrei wat min vra en min kry. Wat afsondering eerder as herberg bied. 'n Landskap wat Rian se gebroke traitor’s heart maak bloei van songs wat die verslaentheid besing...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.